Nataniël robbed of R100 000 worth of belongings

Shopprice Australia

In a lengthy Facebook statement Nataniël recounted pretending to be asleep while thieves robbed him of R100 000 worth of personal belongings.

Taking to the social media platform Nataniël revealed that he recently had a spate of bad luck, which caused him to miss a show for the first time in 29 years.

This included being hospitalised for exhaustion and shock, after the place he was staying at was robbed and thieves made off with R100K of his personal items.

According to Nataniël he was not feeling well and was advised to rest after taking medication. While asleep, the entertainer was woken up by voices.

“I fell asleep and woke up almost immediately, from voices somewhere in the place where I was staying,” he said.

  • Comedy saved me, says Trevor Gumbi in heartfelt interview on his drug addiction 

Nataniël said that at first he thought that the voices belonged to cleaners from the venue but he realised that something was wrong when someone yanked open his bedroom door.

“I pretended that I was sleeping, I was afraid that they had guns. The door was immediately closed and the intruders started yelling at each other that they should leave. Someone yanked the door open again, and grabbed my bag and cellphone,” he explained.

  • The People’s Bae goes head-to-head with Tumisho Masha over ‘racist’ Rivers Church pastor  

Shortly after the thieves had left he jumped up but was too late as they were already in their getaway vehicle.

“Back inside I realised that they also stole more than R40 000 in cash, my ID, passport, wallets, drivers licence, two leather bags, four designer jackets and my theatre bag with my microphone, shoes, make-up, etcetera – quite a lot more than R100 000 worth of damages.”

After the ordeal Nataniël had to be rushed to hospital where he had to be treated for a combination of sleep deprivation, exhaustion and shock.

The good news is that the performer is back home and is in better spirits.

Here’s his full post:

SATERDAG SE GEBEURE

’n Boodskap van Nataniël

“Hierdie skrywe is nie ter wille van sensasie of negatiwiteit nie, bloot om eerstens te verduidelik en tweedens om verskoning te vra aan die gehoor dat Saterdagaand se vertoning by D’Aria in Durbanville nie plaasgevind het nie – ’n eerste vir my in 29 jaar!

Drie weke gelede het ek uit Frankryk teruggekeer met in sinusinfeksie, dit het uiteindelik gelei tot bronchitis en middeloorontsteking wat my vir twee weke in die bed gehou het. Die afgelope week het ek vier suksesvolle vertonings gehad, maar my keel was seer en teen Saterdagoggend kon ek skaars praat. In ’n poging om myself reg te ruk vir aand se vertoning, het ek medikasie gekry en is dit aanbeveel dat ek die res van die dag moet slaap.

Ek het aan die slaap geraak en byna onmiddellik wakker geword van stemme iewers in die plek waar ek tuisgegaan het (Ek wil nie die adres onnodig verklap nie, dit kan die huidige ondersoek belemmer). Ek het eers gedink dis die skoonmakers wat nuwe handdoeke bring, maar die stemme het meer geword. Ek het besef iets is verkeerd en wou opstaan toe iemand die kamerdeur oopruk en my sien lê. Ek het gemaak of ek slaap, ek was bang hulle het vuurwapens. Die deur is onmiddellik toegemaak en die indringers het op mekaar begin skree dat hulle moet padgee. Iemand het weer die deur oopgeruk en my sak en selfoon gegryp.

Hulle het uitgehardloop en ek het opgespring, toe ek buite kom, was almal reeds op ’n wit bakkie wat weggejaag het. Terug binne het ek besef hulle het ook meer as R40 000,00 in kontant gesteel, my ID, paspoort, beursies, bestuurslisensie, twee leersakke, 4 ontwerpersbaadjies en my teatersak met my mikrofoon, skoene, grimering, ensovoorts, heelwat meer as R100 000,00 se skade.

Die polisie het opgedaag en ek het verklarings afgelê. (Ek was baie beïndruk met hulle flink diens en vriendelikheid, baie dankie!) Ek het egter al hoe sieker begin voel en besef dat dit die medikasie was en dat ek moes slaap. Ek moes ook uit my blyplek trek omdat die deur oopgebreek was en omdat die indringers my herken het.

Twee ure voor die vertoning was ek baie siek en kon nie regop staan nie. Ek is hospitaal toe geneem waar hulle toetse gedoen het en besluit het dat dit ’n kombinasie was van gebrek aan slaap, uitputting en skok. Ek is binne-aars alles toegedien wat nodig is en teen die tyd dat ek ontslaan is, was dit lankal verby die tyd van die vertoning. Ek verneem dat die gehoor begrip gehad het toe hulle ingelig is, sommiges het lank gekuier! Ek bedank almal en ons sal wel ’n plan maak om ’n nuwe datum te bevestig. Niks op aarde gaan in die pad staan van ’n konsert nie!

Ek is nou terug in Pretoria en piekfyn. En dis my storie.”